Volg:
Followers
Friday, 19 December 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
Matteus 14:
"Die dood van Johannes die Doper
Daardie tyd het Herodes, die heerser, gehoor wat van Jesus vertel word, en hy het vir sy paleispersoneel gesê: “Maar dit is mos Johannes die Doper! Hy is uit die dood opgewek, daarom werk die kragte in hom!”
Vroeër het Herodes vir Johannes laat vang, laat boei en in die tronk laat opsluit. Dit het hy gedoen oor Herodias die vrou van sy broer Filippus, want Johannes het vir Herodes gesê: “U mag haar nie as vrou vat nie.” Herodes wou hom daaroor doodmaak maar was tog bang vir die mense, omdat hulle hom as 'n profeet beskou het.
Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in 'n skottel die kop van Johannes die Doper.”
Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word. Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof. Hulle het sy kop in 'n skottel ingebring en aan die meisie gegee, wat dit na haar ma toe gevat het. Sy dissipels het sy liggaam kom haal en begrawe; en hulle het dit vir Jesus gaan vertel.
Die eerste vermeerdering van die brood
Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak.
Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: “Dit is 'n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.”
Maar Jesus sê vir hulle: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.”
Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.”
“Bring dit vir My hier,” sê Hy.
Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.
Jesus loop op die see
Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.
Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu.
Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”
“Kom!” sê Hy.
Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”
Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”
Jesus genees mense in die landstreek Gennesaret
Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword."
Jesus - Die Seun van God!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik."
A. Jakobus 5:
B. Markus 10:
C. Lukas 18:
2. "die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."
A. Handelinge 22:
B. 1 Petrus 5:
C. Hebreërs 12:
3. "Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?"
A. 2 Korintiërs 10:
B. 1 Tessalonisense 5:
C. Johannes 11:
4. "Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God."
A. Galasiërs 5:
B. Markus 13:
C. 1 Johannes 4:
5. "Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was."
A. Johannes 20:
B. Filippense 2:
C. Jakobus 5:
6. "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een."
A. Lukas 11:
B. Romeine 15:
C. Johannes 10:
7. "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom."
A. Josua 7:
B. Jeremia 33:
C. Jesaja 53:
8. "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."
A. Efesiërs 5:
B. Hebreërs 9:
C. Handelinge 4:
9. "Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde."
A. Johannes 19:
B. Kolossense2:
C. Matteus 18:
10. "Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik."
A. Openbaring 15:
B. Lukas 18:
C. Romeine 10:
11. "Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe."
A. 1 Timoteus 3:
B. 1 Johannes 4:
C. Markus 15:
12. "Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus."
A. 2 Petrus 1:
B. Titus 3:
C. 1 Korintiërs 15:
Die Here is my beskerming!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. 2 Timoteus 4:
2. Psalm 18:
3. Psalm 41:
4. Markus 15:
5. Jakobus 5:
6. Spreuke 20:
7. Spreuke 30:
8. Psalm 18:
9. Psalm 121:
10. 2 Tessalonisense 3:
11. Efesiërs 5:
12. Lukas 17:
13. Jesaja 41:
14. Psalm 121:
15. Johannes 17:
B.
1. "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar."
2. "Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid."
3. "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand."
4. "Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose."
5. "En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen."
6. "Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand."
7. "Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil."
8. "Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting."
9. "Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie."
10. "Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil."
Vind jou krag in die Here
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Filippense 4:
2. Psalm 18:
3. 2 Timoteus 1:
4. Psalm 18:
5. Jakobus 5:
6. Jesaja 31:
7. Lukas 20:
8. Psalm 19:
9. Psalm 22:
10. Psalm 37:
11. Eksodus 20:
12. Handelinge 19:
13. 2 Korintiërs 4:
14. Matteus 19:
15. Psalm 27:
B.
1. "‘n Psalm van Dawid. Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?"
2. "Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid."
3. "Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."
4. "Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe."
5. "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."
6. "Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."
7. "Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting."
8. "God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak."
9. "Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!"
10. "Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help."
Die Liefde van God!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Johannes 15:
2. Johannes 17:
3. 1 Johannes 4:
4. Lukas 10:
5. Romeine 13:
6. Jakobus 2:
7. Efesiërs 3:
8. Filippense 1:
9. 1 Tessalonisense 3:
10. Johannes 15:
11. 1 Petrus 3:
12. Markus 11:
13. 1 Johannes 4:
14. 1 Korintiërs 16:
15. Johannes 15:
B.
1. "Julle moet alles met liefde doen."
2. "Mense wat liefde in hulle harte het, is nie bang nie, want as hulle regtig liefde in hulle harte het, dan kan hulle nie meer bang wees nie. Mense is altyd bang vir straf. Die mense wat bang is dat God hulle sal straf, is die mense wat nie regtig liefde in hulle harte het nie."
3. "Ons bid dat die Here julle liefde sal laat groei en dat julle vol sal word van liefde vir mekaar en liefde vir almal, soos ons ook lief is vir julle."
4. “Die Vader is lief vir My. So is Ek ook lief vir julle. Julle moet vashou aan my liefde, my liefde moet vir julle baie belangrik wees."
5. "Die beste bewys van liefde is wanneer iemand vir sy vriende sterf sodat sy vriende kan lewe."
6. "Ek het vasgehou aan my Vader se liefde, want Ek het gedoen wat Hy gesê het. Julle moet dieselfde doen. As julle wil doen wat Ek sê, dan moet julle vashou aan my liefde."
7. "Ek het vir hulle vertel van U en Ek sal vir hulle nog meer vertel van U. Dan sal u liefde in hulle harte wees, die liefde wat U vir My het, en Ek sal by hulle wees.”
8. "Ons het gesien en geglo dat God lief is vir ons. God is liefde, en almal wat vashou aan sy liefde, bly by Hom en Hy bly by hulle."
9. "Ek bid dat julle sal glo in Christus, dat Hy in julle harte sal woon en dat julle lewens heeltemal vol liefde sal wees."
10. "Ek bid dat julle liefde meer en meer sal word sodat julle alles beter sal verstaan en sal weet."
Daniel en Ester: Hoekom Christenskap? Deel 1!!
Hallo! Ons is terug! Vandag gaan ons praat oor: Hoekom Christenskap? Deel 1: As jy na die skepping kyk, kan jy sien dat alles perfek gemaak is. Jy, as mens, is ook perfek gemaak na die beeld van God. Jy is deur God geskep. Daar is een God en Hy is die Skepper van Hemel en Aarde. God is Liefde. Hy het Sy eie Seun gestuur om vir jou en my aan die kruis te sterf, sodat ons 'n oorvloedige lewe kan lei. Daar is net een weg en dit is deur Jesus Christus. Jesus is Lewe. Hy is Lig. Onthou jy kry die Hemel en die Hel. Daar is geen tussenin nie. As jy dit nie op God se manier doen nie, deur Christus, sal jy in die Hel beland. Die Hel is 'n plek vir niemand nie. Maar omdat mense hulle rug op God gedraai het, beland mense in die Hel. Johannes 3:16: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." Johannes 14:6: "Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie." Efesiërs 2:10: "Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel." Alles in God is liefde, vreugde en vrede. God is lewend. Sy Woord is kragtiger as enige ander wapen. Hebreërs 4:12: "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en dit onderskei die gedagtes en bedoelings van die hart."
Psalms!!
Vind die Bybelverse in:
1. Psalm 2:
2. Psalm 103:
3. Psalm 34:
4. Psalm 33:
5. Psalm 66:
6. Psalm 16:
7. Psalm 95:
8. Psalm 122:
9. Psalm 150:
10. Psalm 1:
11. Psalm 82:
1. "Bid vir die vrede van Jerusalem: Mag die wat jou liefhet, veilig wees."
2. "Kom, laat ons jubel tot eer van die Here; laat ons juig tot eer van die Rots van ons heil."
3. "Ek het gesê: Julle is gode; julle is almal seuns van die Allerhoogste.'"
4. "Laat alles wat asem het die Here loof." "Loof die Here."
5. "Daarom sal die goddelose nie in die oordeel staan nie, en die sondaars nie in die vergadering van die regverdiges nie."
6. "Maar watter vreugde vir almal wat by Hom skuil!"
7. "Loof die Here, my siel, en vergeet nie al sy weldade nie."
8. "Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord; Hy het my van al my vrees verlos."
9. "Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, hulle sterreleër deur die asem van sy mond."
10. "As ek sonde in my hart gekoester het, sou die Here nie geluister het nie."
11. "Ek hou my oë altyd op die Here. Met Hom aan my regterhand sal ek nie wankel nie."
Bybelnotas!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê. Maar hou moed; Ek het die wêreld oorwin."
A. Matteus 23:
B. Handelinge 27:
C. Johannes 16:
2. "En ons weet dat God in alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is."
A. Hebreërs 13:
B. Markus 15:
C. Romeine 8:
3. "Al gaan ek deur 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met My; u stok en u staf, dié vertroos My."
A. Psalm 90:
B. Psalm 23:
C. Psalm 118:
4. "Want die Here julle God, dit is Hy wat saam met julle gaan om vir julle teen julle vyande te stry, om julle die oorwinning te gee."
A. Eksodus 31:
B. Jesaja 55:
C. Deuteronomium 20:
5. "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee."
A. Johannes 15:
B. Matteus 11:
C. Handelinge 19:
6. "Proe en sien dat die Here goed is; geseënd is die een wat by Hom skuil."
A. Psalm 105:
B. Psalm 20:
C. Psalm 34:
7. "Want die Here is 'n son en skild; die Here gee guns en eer; Hy hou geen goeie ding terug van die wat onberispelik wandel nie."
A. Psalm 127:
B. Psalm 79:
C. Psalm 84:
8. "Die liefde is geduldig en vriendelik; die liefde is nie afgunstig nie en spog nie; dit is nie hoogmoedig of onbeskof nie; dit dring nie aan op sy eie wil nie; dit is nie geïrriteerd of verbitterd nie; dit is nie bly oor die verkeerde dade nie, maar is bly saam met die waarheid. Die liefde verdra alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie; profesieë sal verbygaan; tale sal ophou; kennis sal verbygaan."
A. Markus 15:
B. Romeine 10:
C. 1 Korintiërs 13:
9. "So ken ons dan die liefde wat God vir ons het en glo ons. God is liefde; en wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom."
A. 2 Korintiërs 11:
B. 1 Petrus 1:
C. 1 Johannes 4:
10. "Kyk watter liefde die Vader aan ons bewys het: dat ons kinders van God genoem kan word; en ons is ook. Die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie."
A. Jakobus 5:
B. Romeine 9:
C. 1 Johannes 3:
11. "En beklee julle bo dit alles met die liefde wat alles in volmaaktheid verbind."
A. 1 Timoteus 5:
B. Hebreërs 12:
C. Kolossense 3:
Psalm 91:
"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.
Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
Verlossingsgebed!!
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom in my lewe en lei my. Wys my U wil en nie my wil. In Jesus se Naam. Amen.
Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief 'n e -pos na:
navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees. Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!
Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!
Wedergebore:
1. Bekering
2. Nooi Jesus in jou lewe
3. Doop
'n Nuwe Lewe!!
1. Verhouding met die Here
2. Nuwe Persoon
3. Nuwe Leefstyl
4. Vind die regte kerk
5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.
6. Leef die Woord van God
Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?
Wednesday, 17 December 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
Matteus 13:
"Die gelykenis van die saaier
Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 'n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in 'n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê:
“'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.
“Wie ore het, moet luister!”
Die doel van die gelykenisse
Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”
Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie. In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê:
“ ‘Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.
Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak
sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.’
“Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie.”
Jesus verklaar die gelykenis van die saaier
“Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”
Die gelykenis van die onkruid tussen die koring
Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met 'n man wat goeie saad op sy land gesaai het. Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’ Hy antwoord hulle: ‘Dit is 'n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?’ ‘Nee,’ sê hy, ‘as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek. Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’ ”
Die gelykenisse van die mosterdsaadjie en die suurdeeg
Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit 'n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.”
Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”
Die gebruik van gelykenisse
Al hierdie dinge het Jesus vir die mense in gelykenisse geleer, en sonder 'n gelykenis het Hy hulle niks geleer nie. So moes vervul word wat die Here deur 'n profeet gesê het:
“Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat;
Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af.”
Verklaring van die gelykenis van die onkruid
Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.”
Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele.
“Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son.
“Wie ore het, moet luister.”
Drie kort gelykenisse
“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.
“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel.
“Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”
Ou en nuwe skatte
“Verstaan julle al hierdie dinge?”
“Ja,” antwoord hulle Hom.
Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos 'n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”
Jesus word in Nasaret misken
Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan weggegaan. Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen? Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? En sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Waar kry hy dan al hierdie dinge vandaan?”
En hulle wou niks van Hom weet nie.
Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.”
Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie."
Matteus 12:
"Jesus is die Here oor die sabbat
In dié tyd het Jesus op 'n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet. Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk daar! U dissipels doen iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”
Maar Hy sê vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger geword het nie? Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters. Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die sabbatsgebod, en tog is hulle nie skuldig nie.
“Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel. As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie. Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat.”
Die man met die gebreklike hand
Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom. Daar was juis 'n man met 'n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak?”
Hulle bedoeling daarmee was om 'n klag teen Hom te kry.
Hy sê toe vir hulle: “Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op 'n sabbatdag in 'n sloot val, dadelik uithaal nie? Hoeveel is 'n mens nie meer werd as 'n skaap nie? Dan mag 'n mens mos op die sabbatdag goed doen.”
Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.”
Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een.
Die Fariseërs het toe uitgegaan en planne beraam om Jesus om die lewe te bring.
Jesus die Dienaar van die Here
Toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan weggegaan. Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar hulle belet om in die openbaar oor Hom te praat. So is vervul wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het:
“Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het,
my Geliefde oor wie Ek My verheug;
Ek sal my Gees op Hom laat kom,
en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak.
Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie,
en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.
'n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie
en 'n lamppit wat rook, nie uitdoof nie;
Hy sal die wil van God laat seëvier.
En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”
Jesus en Beëlsebul
Hulle het toe 'n man wat in die mag van 'n bose gees was, na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees, sodat hy weer kon praat en sien. En die hele menigte mense was verslae en het gesê: “Is Hy nie miskien die Seun van Dawid nie?”
Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.”
Jesus het egter geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie. As die Satan dan die Satan uitdryf, is hy teen homself verdeeld; hoe kan sy ryk dan bly staan? En as Ek met Beëlsebul se hulp die bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Julle eie volgelinge sal as julle regters optree en wys dat julle verkeerd is.
“Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.
“Hoe kan iemand tog by die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie? Eers dan sal hy sy huis kan beroof.
“Wie nie aan my kant is nie, is teen My; en wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar.
“Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. As iemand iets teen die Seun van die mens sê, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sê, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.”
'n Boom word aan sy vrugte geken
“As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed; en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken.
“Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.
“Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.”
Die teken van Jona
Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs sê toe vir Hom: “Meneer, ons wil 'n wonderteken van u sien.”
Maar Hy antwoord hulle: “'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van 'n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees. Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona! Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo!”
Die terugkoms van die onrein gees
“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag.”
Die moeder en die broers van Jesus
Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat.
Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en u broers staan daar buite en wil met U praat.”
Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?”
Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: “Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.”
God is wysheid!!
Vind die verse in:
1. Spreuke 1:
2. Spreuke 9:
3. Spreuke 2:
4. Spreuke 3:
5. Spreuke 15:
6. Jesaja 11:
7. Jeremia 10:
8. Psalm 19:
9. Job 12:
10. Psalm 104:
11. Psalm 111:
12. Job 36:
1. "By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig."
2. "God is magtig maar Hy sien op niemand neer nie; Hy is magtig en sy wysheid is groot."
3. "Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is."
4. "U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep."
5. "Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand."
6. "Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag."
7. "Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig."
8. "Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig."
9. "Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig."
10. "Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid; nederigheid kom voor eer."
11. "Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here."
12. "Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het, wat met sy wysheid die wêreld gevestig het en met insig die hemel oopgesprei het."
Die Here is jou Beskerming!!
Vind die Bybelverse in:
1. Efesiërs 6:
2. Eksodus 14:
3. Psalm 59:
4. Psalm 3:
5. Psalm 121:
6. Psalm 91:
7. Psalm 54:
8. Psalm 32:
9. Romeine 8:
10. Psalm 94:
11. Jesaja 54:
1. "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here."
2. "U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding."
3. "Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?"
4. "Maar die Here is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug."
5. "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel."
6. "Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees."
7. "Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ‘n rotsvesting vir my en ‘n toevlug in die dag toe ek benoud was."
8. "Maar U, Here, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef."
9. "Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar."
10. "Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser."
11. "Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun."
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!! 1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwa...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...










