Followers
Friday, 28 November 2025
Daniel en Ester: Daar is Krag in die Opstanding van Jesus!!
Halloo!! Ons is terug! Vandag gaan ons praat oor: Daar is Krag in die Opstanding van Jesus!! Jesus het die dood, siekte, gebrek, armoede, vrees en haat oorwin. 1 Korintiërs 15:55-58: "O dood, waar is jou oorwinning? O dood, waar is jou angel?" Want sonde is die angel wat tot die dood lei, en die wet gee die sonde sy mag. Maar dank God! Hy gee ons die oorwinning oor sonde en die dood deur ons Here Jesus Christus." Ons het die oorwinning oor die duiwel. Die duiwel het nie meer 'n greep op jou en my nie. As gevolg van die Opstanding het ons gesag oor die duiwel. Dood, siekte, sonde, gebrek, armoede, vrees, haat, al die negatiewe kom van die duiwel en ons het die oorwinning oor almal. Ons kan in oorwinning leef en in oorvloed leef. Romeine 8:11: "Die Gees van God wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in julle. En net soos God Christus Jesus uit die dood opgewek het, sal Hy ook aan julle sterflike liggame lewend maak deur dieselfde Gees wat in julle woon." As 'n wedergebore gelowige het ons krag binne-in ons as gevolg van die Opstanding. Romeine 6:5-6: "Want as ons met Hom een geword het deur 'n dood soos syne, sal ons ook met Hom een word deur 'n opstanding soos syne. Ons weet dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer aan die sonde verslaaf sou wees nie." Ons is vry van sonde. Ons kan nou in oorwinning, liefde, vrede, vreugde, geloof en hoop wandel. En daarom gee ons nooit moed op nie, want Hy leef in ons en die Gees van God, wat Jesus uit die dood opgewek het, leef in jou. Daar is altyd hoop en oorwinning vir wedergebore gelowiges. 1 Korintiërs 15:17: "En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof nutteloos en is julle nog skuldig aan julle sondes." Ons het die oorwinning en ons kan in oorwinning oor die vyand leef!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!! 1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwa...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...

No comments:
Post a Comment