Hallo! Ons is terug met vrae:
Vind die Bybelverse in:
1. Psalms 73:
2. Hebreërs 11:
3. 1 Johannes 2:
4. Kolossense 3:
5. Jeremia 29:
6. Hebreërs 10:
7. Lukas 9:
8. 1 Johannes 1:
9. Johannes 14:
10. Johannes 3:
11. Jakobus 4:
1. "Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg."
2. "Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.
3. "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid."
4. “Laat julle harte nie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My."
5. “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."
6. "Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel."
7. "Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.
8. "Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood."
9. "Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel."
10. "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."
11. "Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra."
12. "laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water."

No comments:
Post a Comment