Vind die Bybelverse in:
1. Romeine 3:
2. Hebreërs 11:
3. Johannes 14:
4. Johannes 5:
5. Joël 2:
6. Jakobus 1:
7. Romeine 13:
8. Efesiërs 6:
9. Johannes 8:
10. Markus 16:
11. Johannes 3:
1. "Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
2. "Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag."
3. "Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet."
4. "Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
5. "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."
6. "Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."
7. "As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon."
8. "Maar die Voorspraak, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."
9. “Dit verseker Ek julle, wie my woorde hoor en wie vertrou op Hom wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy kom nie in die oordeel nie, maar het reeds oorgegaan uit die dood na die lewe."
10. "En daarna sal Ek my Gees uitstort op alle mense. Julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou manne sal drome droom, julle jongmanne sal visioene sien."
11. "My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard."
No comments:
Post a Comment