Tuesday, 12 August 2025

Spreuke!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1. Spreuke 3:

2. Spreuke 8:

3. Spreuke 31:

4. Spreuke 2:

5. Spreuke 18:

6. Spreuke 6:

7. Spreuke 20:

8. Spreuke 12:

9. Spreuke 7:

10. Spreuke 4:

11. Spreuke 8:

12. Spreuke 28:

13. Spreuke 17:

14. Spreuke 1:

15. Spreuke 4:

16. Spreuke 3:


B.


1.  "Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat.  So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.  Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.  Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp.  Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag."


2.  "Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!"


3. "Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie."


4.  "My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf."


5.  "Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word."


6.  "Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat, wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg."


7.  "Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."


8.  "My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan."


9.  "Die Here, Hy het my geskep as die eerste van sy werke, voor sy dade van lank gelede."


10. “Die tong het mag oor lewe en dood, en die wat dit liefhet, sal die vrugte daarvan eet.”


11.  "Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom."


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za