Sunday, 17 August 2025

Psalms!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Psalm 3:

2.  Psalm 103:

3.  Psalm 18:

4.  Psalm 71:

5.  Psalm 11:

6.  Psalm 24:

7.  Psalm 117:

8.  Psalm 10:

9.  Psalm 122:

10.  Psalm 5:

11.  Psalm 2:

12.  Psalm 19:

13.  Psalm 138:

14.  Psalm 51:

15.  Psalm 9:

16.  Psalm 5:


B.


1.  "Maar laat almal wat by U skuil, bly wees; laat hulle altyd jubel. Beskerm hulle, sodat die wat u Naam liefhet, in U kan juig."


2.  "Dien die Here met eerbiedige vrees en juig met bewing. Onderwerp julle aan God se koninklike seun, anders word Hy kwaad en word julle vernietig te midde van al julle aktiwiteite – want sy toorn ontvlam in 'n oomblik. Maar watter vreugde is daar vir almal wat by Hom skuiling soek!"


3.  "Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.  Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.  Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig."


4..  "Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel.  Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste."


5.  "Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid.  Leer my tog wat reg is, Here , vanweë my vyande, en u pad, maak dit voor my reguit."


6.  "Maar U, Here, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou."


7.  "Prys die HERE, al sy werke oral in sy heerskappy. Prys die HERE, my siel."


8.  "Ek het U lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder; my God is my rots, by wie ek skuiling vind."


9.  "Dan sal ek U prys met die harp, want U is getrou, o God. Met sang en lier sal ek U loof, o Heilige van Israel.  Van vreugde sal ek jubel en u lof besing, want U het my gered.  Heeldag vertel ek van u geregtigheid. Dié wat my kwaad wou aandoen, is nou self beskaam en verneder."


10. "Maar die Here is in sy heilige tempel; die Here regeer steeds vanuit die hemel. Hy hou almal dop, Hy ondersoek elke persoon op aarde. Die Here ondersoek beide die regverdige en die goddelose. Hy haat die wat geweld liefhet."


11.  "Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan!"


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za