Followers

Thursday, 28 August 2025

Moenie vrees nie!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Lukas 8:

2.  Jesaja 43:

3.  Psalm 103:

4.  Spreuke 12:

5.  Psalm 91:

6.  Matteus 10:

7.  Jeremia 22:

8.  Klaagliedere 3:

9.  Psalm 23:

10.  Lukas 17:

11.  Romeine 15:

12.  Johannes 10:

13.  Handelinge 21:

14.  Psalm 56:

15.  Genesis 1:

16.  Matteus 10:


B.


1.  "Die Here is my herder; ek sal niks kortkom nie. Hy laat my lê in groen weivelde. Hy lei my na waters waar rus is. Hy verkwik my siel. Hy lei my in die spore van geregtigheid, ter wille van sy Naam. Al gaan ek in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; u stok en u staf, dié vertroos my."


2.  "Toe ek na U geroep het, het U nadergekom en gesê: “Moenie bang wees nie!”


3.  "Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie."


4.  "In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n blote mens aan my doen?"


5.  "Hierna het die woord van die Here in 'n gesig tot Abram gekom: “Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees."


6.  "Maar Jesus het dit gehoor en sê vir hom: “Moet jou nie ontstel nie. Glo net, en sy sal gered word.”


7.  "Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af."


8.  "Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien."


9.  “Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.  Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.  Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”


10.  "Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op."


11.  "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”  Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte.  Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.  Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie."

No comments:

Post a Comment

Volg:

               Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za