Sunday, 17 August 2025

Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

  Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za