Saturday, 9 August 2025

Gehoorsaamheid aan God!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Filippense 2:

2.  Romeine 5:

3.  Johannes 14:

4.  Jakobus 4:

5.  Lukas 11:

6.  Hebreërs 10:

7.  Markus 7:

8.  Jeremia 17:

9.  1 Samuel 15:

10.  Jakobus 1:

11.  Jesaja 1:

12.  Lukas 6:

13.  2 Kronieke 20:

14.  Matteus 13:

15.  Romeine 6:

16.  Johannes 14:


B.


1.  “As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou.”


2.  "Toe sê Samuel: “Het die Here net soveel behae in brandoffers en slagoffers as in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om te gehoorsaam is beter as offerande, en om te luister as die vet van ramme."


3.  "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself."


4.  "As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet."


5.  "Waarom noem julle My 'Here, Here', en doen nie wat Ek vir julle sê nie?


6.  "Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon."


7.  "Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe."


8.  "maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis."


9.  “Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word."


10.  “Onderwerp julle dan aan God. Weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”


11.  “Maar Hy sê: “Geseënd is die wat die woord van God hoor en dit bewaar!”


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za