Saturday, 9 August 2025

Bybelnotas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop."


A.  Lukas 18:

B.  Johannes 20:

C.  Hebreërs 12:


2.  "Bely dan julle sondes teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n regverdige man is kragtig en doeltreffend."


A.  Markus 10:

B.  Jakobus 5:

C.  Handelinge 13:


3.  "En my God sal in al julle behoeftes voorsien volgens sy heerlike rykdom in Christus Jesus."


A.  Romeine 7:

B.  Matteus 11:

C.  Filippense 4:


4.  "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God."


A.  Kolossense 3:

B.  1 Timoteus 5:

C.  Johannes 1:


5.  "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie." 


A.  Hebreërs 10:

B.  Lukas 13:

C.  1 Korintiërs 6:


6.  "Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus Christus het sy lewe vir ons afgelê. En ons behoort ons lewe vir ons broers af te lê."


A.  Galasiërs 5:

B.  Markus 12:

C.  1 Johannes 3:


7.  "Hoe goed en lieflik is dit as broers eensgesind saamwoon!"


A.  Spreuke 30:

B.  Josua 21:

E.  Psalm 133:


8.  "Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Ek gee nie aan julle soos die wêreld gee nie. Moenie dat julle harte ontsteld word nie en wees nie bang nie."


A.  Lukas 18:

B.  Openbaring 20:

C.  Johannes 14:


9.  "Want die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees, gewrigte en murg. Dit oordeel die gedagtes en gesindhede van die hart."


A.  Jakobus 5:

B.  Handelinge 13:

C.  Hebreërs 4:


10.  "Niemand het groter liefde as dit nie, dat hy sy lewe vir sy vriende aflê."


A.  Openbaring 10:

B.  Lukas 17:

C.  Johannes 15:


11.  "Hy het jou, o mens, getoon wat goed is. En wat vra die HERE van jou? Dat jy reg sal doen, liefde sal bewys en nederig sal wandel met jou God."


A.  Esra 10:

B.  Nehemia 13:

C.  Miga 6:


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za