Sunday, 17 August 2025

Volg:

   Volg:


Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op:


https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com


EN


www.aksiekidzvirjesus.co.za

Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

 Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za 









Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

  Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Volg Kingdom Lifestyle Ministries!!

 






Romeine 16:

 "Persoonlike groete


Ek beveel ons suster Febe wat dienaar is in die gemeente in Kenchreë, by julle aan. Ontvang haar soos dit mense wat in die Here glo, betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle hulp nodig kry, want sy was vir baie, en ook vir my, tot steun.

Groete vir Priscilla en Akwila, my medewerkers in Christus Jesus wat hulle lewe vir my gewaag het. Dit is nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die heidennasies. Groete ook aan die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom.

My groete verder ook aan my liewe vriend Epenetus, die eerste bekeerling vir Christus in die provinsie Asië, en aan Maria, wat baie moeite vir julle gedoen het. Gee my groete ook aan Andronikus en Junias, my volksgenote wat saam met my in die gevangenis was; hulle is hoog aangeskrewe by die apostels en het voor my al Christene geword.

En dan stuur ek ook groete vir Ampliatus, my liewe vriend in die Here, vir Urbanus, my medewerker in Christus, en vir my liewe vriend Stagis; ook vir Apelles – hy het gewys wat in hom steek as gelowige – en die huis van Aristobulus; vir Herodion, my volksgenoot, en vir dié uit die huis van Narsissus wat tot die geloof gekom het.

Groete verder ook aan Trifena en Trifosa, ywerige werksters vir die Here, en aan my liewe Persis, wat al baie vir die Here gedoen het. Dra ook my groete oor aan Rufus, die voortreflike werker in diens van die Here, en aan sy moeder, wat ook vir my altyd 'n ma was.

En dan ook nog groete aan Asinkritus, Flegon, Hermes, Patrobas, Hermas en al die broers daar by hulle; ook aan Filologus en Julias, Nereus en sy suster en Olimpas en al die ander gelowiges daar by hulle.

Groet mekaar met 'n soen van Christelike broederskap. Al die gemeentes van Christus stuur vir julle groete.

Laaste opdragte

Ek druk julle dit op die hart, broers: Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af. Sulke mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie drifte en drange, en met al hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle die liggelowige mense.

Almal het gehoor van julle gehoorsaamheid aan die evangelie. Ek is baie bly oor julle, en ek sou graag wou sien dat julle alles weet van die goeie en niks wil weet van die slegte nie. God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle!

My medewerker Timoteus stuur vir julle groete, en so ook Lucius, Jason en Sosipater, my volksgenote. Ek, Tertius, wat die brief neergeskryf het, stuur as 'n medegelowige ook my groete. Gaius, my gasheer en ook gasheer van die hele gemeente hier, stuur ook groete. En dan ook nog groete van Erastus die stadstesourier, en van broer Kwartus.

Lofprysing

God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly, maar nou is dit geopenbaar. Aan die hand van die geskrifte van die profete en in opdrag van die ewige God is dit aan alle nasies bekend gemaak sodat hulle in God kan glo en aan Hom gehoorsaam kan wees. Aan Hom, die enigste en alwyse God, behoort die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen."


Romeine 15:

"Die voorbeeld van Christus

Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie: elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou. Christus het immers ook nie aan Homself gedink nie, inteendeel. Dit was met Hom soos daar geskrywe staan:

“Die beledigings waarmee mense U beledig, het op My neergekom.”

Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees. En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

Die evangelie is vir alle mense

Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode 'n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak. Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik, soos daar geskrywe staan:

“Daarom sal ek U loof voor die nasies, en tot eer van u Naam sal ek 'n lofpsalm sing.”

En elders lui dit: “Verbly julle, ander nasies, saam met sy volk.”

En: “Prys die Here, alle nasies! Loof Hom, alle volke!”

En Jesaja sê ook: “Isai sal 'n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Paulus se sendingopdrag

My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede is en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die regte weg kan help. Tog is ek in my brief plek-plek nogal uitgesproke. Dit was maar om julle aan die een en ander te herinner. God het my immers in sy genade die voorreg gegee om in diens van Christus Jesus onder die heidennasies te werk. Dit is my priesterlike taak om die evangelie van God aan hulle te bedien, sodat daar uit die heidennasies 'n offergawe mag wees wat vir God aanneemlik is en deur die Heilige Gees geheilig is. In Christus Jesus is ek trots op wat ek in diens van God verrig. Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as oor wat Christus deur my tot stand gebring het om heidennasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met woord en daad, deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God. En so kon ek van Jerusalem af al verder tot in Illirikum my taak om die evangelie van Christus te verkondig, ten volle uitvoer. Ek het my eer daarin gestel om die evangelie te verkondig waar die mense nog nie van Christus gehoor het nie, want ek wil nie op die fondament van iemand anders bou nie, maar soos daar geskrywe staan:

“Dié wat nie van Hom vertel is nie, sal sien, en dié wat nie van Hom gehoor het nie, sal verstaan.”

Paulus se plan om Rome te besoek

Dit is dan ook die rede waarom ek baie keer verhinder is om na julle toe te kom. Maar nou is daar vir my in hierdie streke nie meer 'n nuwe arbeidsveld nie, en ek koester al baie jare die begeerte om julle te besoek as ek na Spanje toe gaan. Ek hoop om julle dan op my deurreis te sien; trouens, ek sou graag ook eers 'n tydjie by julle wou deurbring en dan met julle hulp verder na Spanje toe reis. Maar nou is ek eers op pad Jerusalem toe met geldelike hulp vir die gelowiges daar. Die gemeentes in Masedonië en Agaje het dit naamlik goedgedink om iets by te dra vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem. Hulle het self so besluit, en hulle is dit buitendien ook verskuldig, want as die gelowiges uit die Jode hulle geestelike rykdom met die heidennasies gedeel het, is die gelowiges uit die heidene dit aan die gelowiges uit die Jode verskuldig om hulle met stoflike hulp by te staan. As ek daarmee klaar is en die volle bedrag wat ingesamel is, veilig aan hulle besorg het, sal ek by julle langs na Spanje toe reis. Ek weet dat as ek na julle toe kom, dit met die volle seën van Christus sal wees.

Ek versoek julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my deur vir my te bid dat God my veilig mag hou tussen al die ongelowiges in Judea en dat my hulp aan Jerusalem aanvaarbaar mag wees vir die gelowiges daar. En as dit die wil van God is, sal ek vol blydskap na julle toe kom om 'n tydjie by julle te rus.

God wat vrede gee, sal by julle almal wees! Amen."

Moenie vrees nie!!

Kies die korrekte Skrifgedeelte:


1.  "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."


A.  Johannes 10:

B.  Handelinge 13:

C.  1 Petrus 5:


2.  "Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan."


A.  Lukas 13:

B.  Matteus 10:

C.  Romeine 15:


3.  "Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg."


A.  Eksodus 8:

B.  Josua 12:

C.  Deuteronomium 3:


4.  "Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg.”


A.  Handelinge 11:

B.  Romeine 15:

C.  Matteus 6:


5.  "Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.


A.  Hebreërs 12:

B.  Matteus 17:

C.  Romeine 8:


6.  "Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie."

A.  Deuteronomium 30:

B.  Jesaja 51:

C.  Eksodus 20:


7.  “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan."


A.  Eksodus 7:

B.  Josua 1:

C.  Jesaja 12:


8.  "Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net."


A.  Johannes 10:

B.  Lukas 13:

C. Markus 5:


9.  "Moet oor niks bekommerd wees nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God."


A.  Johannes 8:

B.  Romeine 11:

C.  Filippense 4:


10.  "Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk, staan vas, begin die werk! Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie, sodat jy al die werk vir die diens in sy huis kan afhandel."


A.  Josua 12:

B.  Deuteronomium 20:

C.  1 Kronieke 28:


11.  "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!"


A.  Openbaring 20:

B.  Johannes 10:

C.  Romeine 15:

Gehoorsaamheid aan God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar. En sy gebooie is nie swaar nie."


A.  Lukas 7:

B.  Markus 10:

C.  1 Johannes 5:


2.  "Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig."


A.  Matteus 12:

B.  Johannes 17:

C.  Efesiërs 5:


3.  "En nadat Hy volmaak was, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword."


A.  Handelinge 11:

B.  Hebreërs 5:

C.  Markus 13:


4.  "En ons is getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam."


A.  1 Korintiërs 10:

B.  Romeine 13:

C.  Handelinge 5:


5.  “As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel."


A.  Esegiël 37:

B.  Jesaja 50:

C.  Deuteronomium 28:


6.  "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."


A.  Openbaring 20:

B.  Lukas 23:

C.  1 Korintiërs 15:


7.  "Bly op die pad wat die Here julle God vir julle aangewys het, sodat julle kan bly lewe en voorspoedig kan wees en lank kan woon in die land wat julle in besit sal neem.”


A.  Josua 10:

B.  Eksodus 18:

C.  Deuteronomium 5:


8.  "Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”


A.  Johannes 10:

B.  Hebreërs 13:

C.  Matteus 7:


9.  "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


A.  Lukas 20:

B.  Markus 10:

C.  Romeine 12:


10.  "Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel."


A.  Openbaring 20:

B.  Johannes 15:

C.  Lukas 23:


11.  "Slawe, julle moet julle eienaars hier op aarde in elke opsig gehoorsaam. Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het."


A.  Jakobus 5:

B.  Handelinge 11:

C.  Kolossense 3:

Daniel en Ester: Lees John 10:

1. Wie gaan nie deur die hek in nie?

2. Wie gaan deur die hek in?

3. Na wie se stem luister die skape?

4. Sal die skape 'n vreemdeling volg en hoekom?

5. Wie is die hek/ingang vir die skape?

6. Wat gebeur wanneer die skape deur die hek gaan?

7. Jesus het gesê: Die dief kom net ...................................

8. Jesus het gesê: Ek het ................................................

9. Wie is die Goeie Herder?

10. Wat doen die Goeie Herder?

11. Hoe ken die Goeie Herder Sy skape?

12. Jesus het gesê: Hy het Sy ....................................

13. Wat sê Jesus oor die ander skape wat nie in hierdie kraal is nie?

14. Wat sal gebeur met daardie skape wat nie in hierdie kraal is nie?

15. Hoekom is die Vader lief vir Jesus?

16. Wat het Jesus oor gesag gesê?

17. Van Wie kry Jesus Sy opdrag?

18. Volgens vers 28, Jesus gee die  ......................... aan Sy skape

19. Jesus het gesê Hy en die Vader is ............................

20. Jesus het gesê dat niemand Sy skape uit ................. kan ruk nie.

21. Hoe weet ons dat die Vader in Jesus is, en Jesus in die Vader?

 

Spreuke!!

 Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Spreuke 1:

2.  Spreuke 19:

3.  Spreuke 21:

4.  Spreuke 7:

5.  Spreuke 3:

6.  Spreuke 35:

7.  Spreuke 9:

8.  Spreuke 12:

9.  Spreuke 18:

10.  Spreuke 2:

11.  Spreuke 20:

12.  Spreuke 11:

13.  Spreuke 27:

14.  Spreuke 15:

15.  Spreuke 1:

16.  Spreuke 18:


B.


1.  "Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig."


2.  "Daar is vriende wat mekaar vernietig, maar 'n ware vriend is nader as 'n broer."


3.  "Die godvresende wandel met integriteit; geseënd is die kinders wat hulle volg."


4.  "Luister, my seun, na die onderrig van jou vader en moenie jou moeder se onderrig verwerp nie."


5.  "Maar almal wat na My luister, sal in vrede lewe, sonder vrees vir kwaad.”


6.  "Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood."


7.  "Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas."


8.  "Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg is eerder as dat jy offers bring."


9.  "Iemand wat ’n goeie vrou kry, het geluk gevind. Hy geniet die goedheid van die Here ."


10.  "MY seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel; bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart."


11.  "Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het."

Psalms!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Psalm 3:

2.  Psalm 103:

3.  Psalm 18:

4.  Psalm 71:

5.  Psalm 11:

6.  Psalm 24:

7.  Psalm 117:

8.  Psalm 10:

9.  Psalm 122:

10.  Psalm 5:

11.  Psalm 2:

12.  Psalm 19:

13.  Psalm 138:

14.  Psalm 51:

15.  Psalm 9:

16.  Psalm 5:


B.


1.  "Maar laat almal wat by U skuil, bly wees; laat hulle altyd jubel. Beskerm hulle, sodat die wat u Naam liefhet, in U kan juig."


2.  "Dien die Here met eerbiedige vrees en juig met bewing. Onderwerp julle aan God se koninklike seun, anders word Hy kwaad en word julle vernietig te midde van al julle aktiwiteite – want sy toorn ontvlam in 'n oomblik. Maar watter vreugde is daar vir almal wat by Hom skuiling soek!"


3.  "Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.  Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.  Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig."


4..  "Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel.  Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste."


5.  "Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid.  Leer my tog wat reg is, Here , vanweë my vyande, en u pad, maak dit voor my reguit."


6.  "Maar U, Here, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou."


7.  "Prys die HERE, al sy werke oral in sy heerskappy. Prys die HERE, my siel."


8.  "Ek het U lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder; my God is my rots, by wie ek skuiling vind."


9.  "Dan sal ek U prys met die harp, want U is getrou, o God. Met sang en lier sal ek U loof, o Heilige van Israel.  Van vreugde sal ek jubel en u lof besing, want U het my gered.  Heeldag vertel ek van u geregtigheid. Dié wat my kwaad wou aandoen, is nou self beskaam en verneder."


10. "Maar die Here is in sy heilige tempel; die Here regeer steeds vanuit die hemel. Hy hou almal dop, Hy ondersoek elke persoon op aarde. Die Here ondersoek beide die regverdige en die goddelose. Hy haat die wat geweld liefhet."


11.  "Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan!"


Bybelnotas!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Galasiërs 5:

2.  Spreuke 3:

3.  Jeremia 29:

4.  Titus 3:

5.  Romeine 12:

6.  Johannes 14:

7.  Psalm 111:

8.  Markus 10:

9.  Romeine 7:

10.  Matteus 18:

11.  Johannes 3:

12.  Handelinge 4:

13.  Johannes 1:

14.  Jesaja 33:

15.  Handelinge 2:

16.  Johannes 3:


B.


1.  "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid."


2.  "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."


3.  "Petrus het geantwoord: “Elkeen van julle moet julle van julle sondes bekeer en tot God bekeer en in die Naam van Jesus Christus gedoop word tot vergewing van julle sondes. Dan sal julle die gawe van die Heilige Gees ontvang."


4.  "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie."


5.  "Maar die Heilige Gees bring hierdie soort vrugte in ons lewens voort: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Daar is geen wet teen hierdie dinge nie!"


6.  "Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie."


7.  "Want Ek weet watter planne Ek vir julle het," spreek die Here, "planne van voorspoed en nie van kwaad nie, planne om julle 'n hoopvolle toekoms te gee."


8.  "Want Hy is deur God gestuur. Hy spreek God se woorde, want God gee Hom die Gees sonder beperking. Die Vader het sy Seun lief en het alles in sy hande gelê. En elkeen wat in God se Seun glo, het die ewige lewe. Elkeen wat die Seun nie gehoorsaam nie, sal nooit die ewige lewe ervaar nie, maar bly onder God se toornige oordeel."


9.  "Hy het ons nie gered op grond van regverdige dade wat ons gedoen het nie, maar op grond van sy barmhartigheid. Hy het ons gered deur die bad van wedergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees."


10.  "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


11.  "Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My."


Psalm 91:

"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

 

Verlossingsgebed:

Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.


Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

  Wedergebore:

1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 

'n Nuwe Lewe!!

1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God


Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Tuesday, 12 August 2025

Volg:

  Volg:


Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op:


https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com


EN


www.aksiekidzvirjesus.co.za

Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

   Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za 









Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

 Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Belangrike Kennisgewing!!

 Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Romeine 14:

 "Moenie jou broer veroordeel nie

Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil. Een glo 'n mens mag alles eet; 'n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem.

Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel? Sy eie werkgewer sal oordeel of hy goed doen of nie. Maar hy sal goed doen; daarvoor sal die Here sorg.

Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir 'n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat 'n bepaalde dag op 'n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here. Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God. En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, en ook hy dank God.

Niemand van ons leef tog vir homself nie,en niemand sterf vir homself nie.

As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here.

Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes.

Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, 11want daar staan geskrywe:

“So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.”

Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.


Moenie jou broer laat struikel nie

Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie. Omdat ek die Here Jesus ken, weet ek en is ek daarvan oortuig dat niks vanself onrein is nie. Maar as iemand iets as onrein beskou – vir hom is dit dan onrein. As jy met wat jy eet, jou broer aanstoot gee, leef jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur wat jy eet, iemand vir wie Christus gesterf het, laat verlore gaan nie. Moenie dat die goeie wat julle het, 'n slegte naam kry nie. Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Wie op hierdie manier vir Christus dien, geniet die guns van God en die agting van die mense.

Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder. Moenie oor kos afbreuk doen aan die werk van God nie. Alle kos is rein, maar dit is verkeerd om deur wat jy eet, aanstoot te gee. Dit is goed as 'n mens nie vleis eet of wyn drink of enigiets doen wat jou broer laat struikel nie. Laat jou oortuiging hieroor 'n saak tussen jou en God wees. Gelukkig is die man wat hom nie hoef te verwyt oor wat hy hom veroorloof nie. As iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. En enigiets wat 'n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde."

Romeine 13:

"Verpligtinge teenoor die owerhede

Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. 'n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen dan wat goed is, en die owerheid sal jou prys, want die owerheid is 'n dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf. Daarom moet jy jou onderwerp, nie net omdat jy vir straf bang is nie, maar ook omdat dit 'n gewetensaak is.

Dit is ook waarom julle belasting betaal, want die owerhede is dienaars van God en hulle is besig om hulle opdrag uit te voer. Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is.

Liefde is die volle uitvoering van die wet

Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.

En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem. Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie. Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie."

Moenie vrees nie!!

 Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Die Here is aan my kant; ek sal nie vrees nie. Wat kan 'n mens aan my doen?"


A.  Psalm 122:

B.  Psalm 137:

C.  Psalm 118:


2.  "Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het."


A.  Lukas 8:

B.  Johannes 11:

C.  1 Petrus 5:


3.  "Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne."


A.  Deuteronomium 30:

B.  Esegiël 37:

C.  Jesaja 43:


4.  "Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader."


A.  Markus 12:

B.  Lukas 15:

C.  Romeine 8:


5.  "Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos."


A.  Eksodus 27:

B.  Deuteronomium 20:

C.  Jesaja 35:


6.  "Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie."


A.  Jakobus 5:

B.  Handelinge 12:

C.  1 Petrus 3:


7.  "As ek bang is, vertrou ek op U. In God, wie se woord ek prys, in God vertrou ek; ek sal nie vrees nie. Wat kan vlees aan my doen?"


A.  Psalm 90:

B.  Psalm 111:

C.  Psalm 56:


8.  "Die vrees vir die mens span 'n strik, maar wie op die Here vertrou, is veilig."


A.  Josua 20:

B.  Psalm 90:

C.  Spreuke 29:


9.  "Dit is die Here wat voor jou uitgaan. Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie verlaat of in die steek laat nie. Moenie vrees of verskrik wees nie."


A.  Eksodus 27:

B.  Esegiël 39:

C.  Deuteronomium 31:


10.  "So kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper; ek sal nie vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?”


A.  Lukas 17:

B.  Openbaring 20:

C.  Hebreërs 13:


11.  "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee."


A.  Markus 15:

B.  1 Korintiërs 10:

C.   Lukas 12:

Gehoorsaamheid aan God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is."


A.  Markus 12:

B.  Matteus 7:

C.  Johannes 18:


2.  “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.”


A.  Openbaring 18:

B.  Lukas 21:

C.  Johannes 14:


3.  “Bestudeer hierdie instruksieboek gedurig. Dink dag en nag daaroor na, sodat jy alles wat daarin geskryf staan, sal gehoorsaam. Slegs dan sal jy voorspoedig wees en sukses behaal in alles wat jy doen.”


A.  Daniël 7:

B.  Jesaja 11:

C.  Josua 1:


4.  "As julle dan nou na my stem luister en my verbond nakom, sal julle my kosbare besitting onder al die volke wees, want die hele aarde is myne."


A.  Deuteronomium 23:

B.  Jeremia 30:

C.  Eksodus 19:


5.  "As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie."


A.  Lukas 7:

B.  1 Petrus 1:

C.  Jakobus 5:


6.  "En dit is die liefde: dat ons volgens sy gebooie wandel; dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het, sodat julle daarin moet wandel."


A.  Filippense 3:

B.  Johannes 10:

C.  2 Johannes 1:


7.  "Petrus en die ander apostels het geantwoord: “'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!"


A.  Romeine 10:

B.  1 Korintiërs 12:

C.  Handelinge 5:


8.  "Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is."


A.  Lukas 12:

B.  Johannes 17:

C.  Hebreërs 5:


9.   "Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak."


A.  Matteus 15:

B.  Openbaring 20:

C.  2 Korintiërs 10:


10.  "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


A.  Lukas 13:

B.  Johannes 18:

C.  Romeine 8:


11.  "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."


A.  Handelinge 17:

B.  Lukas 20:

C.  Romeine 12:


Daniel en Ester: Lees Johannes 15:1-17:


 Hallo! Ons is terug met vrae: 

Lees Johannes 15:1-17:

1.  Jesus is die ............................
2.  Sy Vader is die ............................
3.  Ons is die?
4.  Wat gebeur met die takke wat geen vrugte dra nie?
5.  Wat gebeur met die takke wat wel vrugte dra?
6.  Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde ...............................
7.  Waarom is dit belangrik om in Jesus te bly?
8.  Kan 'n loot vanself vrugte dra?
9.  Die loot moet aan die ................... bly?
10.  Wie in My bly en Ek in  ..............................
11. Wat sal gebeur as ons in Jesus bly?
12.  Sonder wie kan ons niks doen nie?
13.  Wat gebeur as ons nie in Jesus bly nie?
14.  Wat kan ons doen as ons in Hom bly en Sy woorde in ons bly?
15.  Noem twee redes waarom dit belangrik is om vrugte te dra?
16.  Wat het Jesus gesê oor Sy Vader se Liefde?
17.  Ons moet ook in Sy ......................................... bly. 
18.  Waarom is dit belangrik om Sy gebooie te onderhou?
19.  Wat het Jesus oor blydskap gesê?
20.  Wat is Jesus se opdrag?
21.  Groter liefde het ..................................
22.  As ons doen wat Jesus beveel het, is ons Syne?
23. Wie het ons gekies om vrugte te gaan dra?
24. Van watter tipe vrugte praat Jesus van?
25.  .............................. wat julle ook al in my Naam vra.
26.  Wie Jesus haat, haat ook?
27.  Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar ........



Spreuke!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1. Spreuke 3:

2. Spreuke 8:

3. Spreuke 31:

4. Spreuke 2:

5. Spreuke 18:

6. Spreuke 6:

7. Spreuke 20:

8. Spreuke 12:

9. Spreuke 7:

10. Spreuke 4:

11. Spreuke 8:

12. Spreuke 28:

13. Spreuke 17:

14. Spreuke 1:

15. Spreuke 4:

16. Spreuke 3:


B.


1.  "Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat.  So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.  Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.  Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp.  Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag."


2.  "Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!"


3. "Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie."


4.  "My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf."


5.  "Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word."


6.  "Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat, wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg."


7.  "Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."


8.  "My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan."


9.  "Die Here, Hy het my geskep as die eerste van sy werke, voor sy dade van lank gelede."


10. “Die tong het mag oor lewe en dood, en die wat dit liefhet, sal die vrugte daarvan eet.”


11.  "Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom."


Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za