Volg:
Followers
Saturday, 30 August 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
1 Petrus 2:
"Die volk van God, gebou op die kosbare hoeksteen
Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is.
Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is. Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. Daarom staan daar in die Skrif:
“Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie.” Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword”
en:
“'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen jy jou stamp.”
Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.
Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.
Gedra julle altyd goed
Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.
Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.
Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.
Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.
Christus die voorbeeld vir dié wat ly
Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.
“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.”
Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.
Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.
Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe."
Moenie vrees nie!!
Vind die Bybelverse in:
1. Deuteronomium 20:
2. Hebreërs 13:
3. Lukas 12:
4. Matteus 6:
5. Genesis 26:
6. Eksodus 14:
7. Jesaja 12:
8. Johannes 14:
9. 1 Johannes 4:
10. Haggai 2:
11. Jesaja 26:
1. “Laat julle hart nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.”
2. "Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die Here, die Here is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom."
3. "Maar Moses het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk. Want die Egiptenare wat julle vandag sien, sal julle nooit weer sien nie."
4. "Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel."
5. "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is."
6. "My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!"
7. "Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak en jy merk hulle het perde en strydwaens en hulle is meer as jy, moet jy nie vir die vyande bang wees nie. Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou."
8. "Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
9. "Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie vrees nie, julle is meer werd as baie mossies."
10. “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?"
11. "en die nag toe hy daar kom, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou 'n groot nageslag gee ter wille van my dienaar Abraham.”
Gehoorsaamheid aan God!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Deuteronomium 28:
2. 1 Johannes 2:
3. Deuteronomium 11:
4. Lukas 9:
5. 1 Johannes 3:
6. Handelinge 17:
7. Psalm 111:
8. Matteus 22:
9. Eksodus 23:
10. Job 36:
11. Prediker 12:
12. 1 Petrus 5:
13. Josua 17:
14. Handelinge 2:
15. Ephesians 6:
16. 1 Johannes 3:
B.
1. "Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind."
2. "As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders."
3. "As hulle luister en Hom dien, sal hulle hulle dae in voorspoed deurbring, hulle jare in welvaart."
4. "Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word."
5. “En Petrus sê vir hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”
6. "Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen."
7. "Al hierdie seëninge sal oor jou kom en by jou bly wanneer jy die Here jou God gehoorsaam."
8. "Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee."
9. "Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het."
10. "Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor: die seën sal kom as julle die gebooie van die Here julle God gehoorsaam, wat ek julle vandag gee; die straf sal kom as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God en die pad verlaat wat ek julle vandag aangewys het en ander gode aanhang waarvan julle nou nog nie eers weet nie."
11. "En Hy het vir almal gesê: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en elke dag sy kruis opneem en My volg."
Daniel en Ester: Kies die regte Skrifgedeelte!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."
A. Markus 10:
B. Handelinge 12:
C. Johannes 3:
2. "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God."
A. Jakobus 5:
B. Lukas 8:
C. Johannes 1:
3. "Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
A. Handelinge 18:
B. Openbaring 20:
C. Johannes 14:
4. "Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”
A. Johannes 20:
B. Openbaring 17:
C. Matteus 28:
5. "Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."
A. 2 Petrus 5:
B. Markus 10:
C. Romeine 3:
6. "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God."
A. Galasiërs 6:
B. 2 Korintiërs 10:
C. Efesiërs 2:
7. In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei."
A. Eksodus 7:
B. Josua 10:
C. Genesis 1:
8. "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
A. Titus 3:
B. Jakobus 5:
C. Handelinge 1:
9. "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek."
A. Handelinge 8:
B. Lukas 12:
C. 2 Timoteus 3:
10. "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word."
A. Markus 15:
B. Hebreërs 8:
C. Romeine 10:
11. "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."
A. Hebreërs 12:
B. Lukas 15:
C. Romeine 6:
Die Beloftes van God!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."
A. Lukas 10:
B. Markus 13:
C. 1 Petrus 5:
2. "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."
A. Hebreërs 12:
B. Handelinge 17:
C. Romeine 8:
3. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek aan julle. Nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle harte nie ontsteld word nie en moenie bang wees nie.”
A. Openbaring 18:
B. Lukas 21:
C. Johannes 14:
4. "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word."
A. Kolossense 3:
B. Markus 8:
C. Jakobus 1:
5. "Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie."
A. Eksodus 38:
B. Jesaja 52:
C. Deuteronomium 31:
6. "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig."
A. Lukas 13:
B. 1 Korintiërs 15:
C. Matteus 11:
7. "Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer."
A. Galasiërs 5:
B. Markus 11:
C. 2 Petrus 3:
8. "Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer."
A. Psalm 90:
B. Psalm 111:
C. Psalm 37:
9. " ‘Wie oorwin, sal net so wit klere kry om aan te trek, en Ek sal sy naam nie uit die boekrol van die lewe skrap nie, maar voor my Vader en sy engele oor hom getuig."
A. Johannes 8:
B. Markus 11:
C. Openbaring 3:
10. "Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het."
A. Romeine 13:
B. Lukas 18:
C. Hebreërs 10:
11. "Het Ek jou nie beveel nie? Wees sterk en dapper. Moenie vrees nie en moenie verskrik wees nie, want die Here jou God is met jou, oral waar jy gaan.”
A. Nehemia 9:
B. Numeri 12:
C. Josua 1:
Spreuke!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Spreuke 12:
2. Spreuke 4:
3. Spreuke 20:
4. Spreuke 5:
5. Spreuke 13:
6. Spreuke 1:
7. Spreuke 18:
8. Spreuke 7:
9. Spreuke 10:
10. Spreuke 22:
11. Spreuke 30:
12. Spreuke 4:
13. Spreuke 22:
14. Spreuke 25:
15. Spreuke 12:
16. Spreuke 22:
B.
1. "maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”
2. "Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer."
3. "Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood."
4. "Ware nederigheid en vrees van die Here lei tot rykdom, eer en 'n lang lewe."
5. "Ek onderrig juis vir jóú vandag sodat jy op die Here kan vertrou."
6. "Die voetstappe van 'n man hang van die Here af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan?"
7. "Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is."
8. "n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid."
9. "Die Here hou van ’n mens wat goeddoen. Hy het nie tyd vir ’n slinkse mens nie."
10. "Voor die oë van die Here is die weë van 'n man immers oop en bloot, en al sy paaie hou Hy in die oog."
11. "Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe."
Psalms!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Psalm 9:
2. Psalm 10:
3. Psalm 6:
4. Psalm 4:
5. Psalm 18:
6. Psalm 13:
7. Psalm 55:
8. Psalm 3:
9. Psalm 111:
10. Psalm 90:
11. Psalm 25:
12. Psalm 11:
13. Psalm 22:
14. Psalm 89:
15. Psalm 10:
16. Psalm 11:
B.
1. "Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk."
2. "Want die koninklike mag behoort aan die Here. Hy regeer oor al die nasies."
3. "Maar ek vertrou op u onfeilbare liefde. Ek sal juig omdat U my gered het. Ek sal sing tot eer van die Here, want Hy is goed vir my."
4. "Die Here ondersoek die regverdiges, maar die goddelose, die wat geweld liefhet, haat Hy met 'n passie."
5. "Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood."
6. "Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien."
7. "Al my vyande sal beskaamd en baie verslae wees; in ’n oogwink sal hulle beskaamd wees en omdraai."
8. "Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, sal my veilig hou."
9. "Die Here bly altyd koning, die vyande is uit sy land verdryf."
10. "Maar U sien die moeilikheid en die smart wat hulle veroorsaak. U let daarop en straf hulle. Die hulpeloses vertrou op U. U beskerm die weeskinders."
11. "U, Here, hou my lamp aan die brand; my God verander my duisternis in lig."
Bybelnotas!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Johannes 14:
2. Deuteronomium 6:
3. Johannes 13:
4. Johannes 4:
5. Filippense 4:
6. Efesiërs 2:
7. Handelinge 13:
8. Jeremia 39:
9. Hebreërs 7:
10. Romeine 8:
11. Romeine 10:
12. Johannes 8:
13. Eksodus 21:
14. Markus 10:
15. Jesaja 9:
16. Efesiërs 2:
17. Johannes 14:
B.
1. " "Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus."
2. "Daarom is daar nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie."
3. "Want, "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."
4. "en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
5. "Want vir ons is 'n Kind gebore, aan ons is 'n Seun gegee, en die heerskappy sal op sy skouers wees. En Hy sal genoem word Wonderbaar Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors."
6. "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer."
7. "Hoor, o Israel! Die HERE onse God, die HERE is een."
8. "'n Nuwe gebod gee Ek julle: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefgehad het, so moet julle mekaar liefhê."
9. "God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.”
10. "Want Ek is tot alles in staat deur Christus, wat my krag gee."
11. "Redding is nie 'n beloning vir die goeie dinge wat ons gedoen het nie, daarom kan niemand van ons daaroor spog nie. Want ons is God se meesterstuk. Hy het ons nuut geskep in Christus Jesus, sodat ons die goeie dinge kan doen wat Hy lankal vir ons beplan het."
12. "Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan."
Psalm 91:
"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.
Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
Verlossingsgebed:
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom in my lewe en lei my. Wys my U wil en nie my wil. In Jesus se Naam. Amen.
Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief 'n e -pos na:
navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees. Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!
Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!
Wedergebore:
1. Bekering
2. Nooi Jesus in jou lewe
3. Doop
'n Nuwe Lewe!!
1. Verhouding met die Here
2. Nuwe Persoon
3. Nuwe Leefstyl
4. Vind die regte kerk
5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.
6. Leef die Woord van God
Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?
Thursday, 28 August 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
1 Petrus 1:
"Van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus.
Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.
Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
Die lewende hoop en die egte geloof
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.
Die verlossing reeds deur die profete aangekondig
In verband met hierdie saligheid het die profete, wat die genade verkondig het wat vir julle bestem is, deeglik en noukeurig ondersoek ingestel. Die Gees van Christus wat in hulle was, het vooruit verkondig dat Christus moet ly en daarna verheerlik sal word, en hulle het probeer naspeur wat die tyd en die omstandighede sou wees wat die Gees bedoel het. Aan hulle is geopenbaar dat wat hulle geprofeteer het, nie vir hulleself bedoel was nie, maar vir julle. Nou het dié wat die evangelie aan julle verkondig het, dit aan julle bekend gemaak deur die Heilige Gees wat van die hemel af gestuur is. Dit is dinge waarin selfs engele begerig is om insig te kry.
Oproep om heilig te lewe
Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
Losgekoop met die kosbare bloed van Christus
Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld. Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.
Weergebore deur die lewende en ewige woord van God
Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Die Skrif sê:
“Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.”
En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is."
Moenie vrees nie!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Lukas 8:
2. Jesaja 43:
3. Psalm 103:
4. Spreuke 12:
5. Psalm 91:
6. Matteus 10:
7. Jeremia 22:
8. Klaagliedere 3:
9. Psalm 23:
10. Lukas 17:
11. Romeine 15:
12. Johannes 10:
13. Handelinge 21:
14. Psalm 56:
15. Genesis 1:
16. Matteus 10:
B.
1. "Die Here is my herder; ek sal niks kortkom nie. Hy laat my lê in groen weivelde. Hy lei my na waters waar rus is. Hy verkwik my siel. Hy lei my in die spore van geregtigheid, ter wille van sy Naam. Al gaan ek in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; u stok en u staf, dié vertroos my."
2. "Toe ek na U geroep het, het U nadergekom en gesê: “Moenie bang wees nie!”
3. "Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie."
4. "In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n blote mens aan my doen?"
5. "Hierna het die woord van die Here in 'n gesig tot Abram gekom: “Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees."
6. "Maar Jesus het dit gehoor en sê vir hom: “Moet jou nie ontstel nie. Glo net, en sy sal gered word.”
7. "Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af."
8. "Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien."
9. “Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
10. "Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op."
11. "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie."
Gehoorsaamheid aan God!!
Vind die Bybelverse in:
1. Johannes 15:
2. Deuteronomium 28:
3. Psalm 119:
4. Romeine 12:
5. Hebreërs 12:
6. Johannes 14:
7. Deuteronomium 11:
8. 2 Korintiërs 2:
9. Lukas 10:
10. Romeine 8:
11. 1 Petrus 1:
1. "Dit is juis hieroor dat ek geskryf het – om kennis te neem van julle getrouheid en of julle in alles gehoorsaam die pad bly loop.
2. "maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan.”
3. "Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy voorskrifte en bepalings en gebooie."
4. "Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!"
5. "En Hy antwoord: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself."
6. "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, is kinders van God."
7. "Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra."
8. "As jy ten volle gehoorsaam is aan die Here jou God en die opdragte nakom wat ek jou vandag gee, sal die Here jou God jou bo al die nasies van die wêreld verhoog. “Al hierdie seëninge sal oor jou kom en by jou bly wanneer jy die Here jou God gehoorsaam: In jou stede en in jou oop velde sal jy geseën wees. Jy sal geseën word met baie kinders en goeie oeste. Jy sal geseën word met vrugbare beeste en kleinvee. Jy sal geseën word met mandjies wat oorloop van vrugte en jou knieskottel sal vol brood wees. Jy sal geseën word waar jy ook al beweeg, of jy nou kom of gaan. “Die Here sal jou vyande oorwin wanneer hulle jou aanval. Hulle sal jou vanuit een rigting aanval, maar hulle sal in sewe rigtings wegvlug. Die Here sal jou seën in alles wat jy doen en Hy sal jou graanskure vol maak met graan. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. “As jy die opdragte van die Here jou God gehoorsaam en doen wat Hy wil hê, sal die Here jou sy heilige volk maak soos Hy beloof het Hy sal doen. Al die nasies van die wêreld sal sien dat die Here jou sy volk gemaak het en hulle sal in vrees en bewing voor julle staan. “Die Here sal ’n oorvloed van goeie dinge vir jou gee in die land wat Hy aan jou voorouers belowe het: baie kinders, talle diere en goeie oeste. Die Here sal uit sy ryk voorraadskuur, die hemel, dit op die regte tyd laat reën om al die werk wat jy doen, te seën. Jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal nooit nodig hê om van hulle te leen nie. As jy luister na hierdie opdragte van die Here jou God wat ek vir jou gee en dit noukeurig nakom, sal die Here jou die kop maak en nie die stert nie. Jy sal altyd die leiding neem. Moenie links of regs afwyk van enige van hierdie opdragte wat ek jou vandag gee deur ander gode na te volg en hulle te aanbid nie.”
9. "Ek wil gou maak en sonder versuim u gebooie gehoorsaam."
10. "Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here."
11. "en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God."
Die Beloftes van God!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "En my God sal in elke behoefte van julle voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus."
A. Markus 11:
B. Johannes 13:
C. Filippense 4:
2. "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"
A. Numeri 35:
B. Esegiël 20:
C. Jeremia 29:
3. "Hierdeur het Hy sy kosbare en grootse beloftes reeds aan ons gegee, sodat julle deel kan kry aan die goddelike natuur, noudat julle ontvlug het aan die verdorwenheid wat deur begeerte in die wêreld teenwoordig is."
A. Jakobus 5:
B. Hebreërs 8:
C. 2 Petrus 1:
4. "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou."
A. Eksodus 38:
B. Jeremia 50:
C. Jesaja 41:
5. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."
A. Lukas 8:
B. Matteus 12:
C. Johannes 3:
6. "Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons."
A. Handelinge 10:
B. Hebreërs 13:
C. 2 Korintiërs 1:
7. "As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."
A. Titus 3:
B. 1 Petrus 5:
C. 1 Johannes 1:
8. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie."
A. 1 Samuel 30:
B. Levitikus 27:
C. Jesaja 43:
9. "maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."
A. Deuteronomium 28:
B. Jesaja 40:
C. Eksodus 37:
10. "Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy."
A. Markus 12:
B. Romeine 15:
C. 2 Korintiërs 7:
11. "Want die Here God is ons son en ons skild. Hy gee ons genade en heerlikheid. Die Here sal geen goeie ding terughou van die wat reg doen nie."
A. Psalm 55:
B. Psalm 111:
C. Psalm 84:
Daniel en Ester: Lees Efesiërs 6:10-24: Beantwoord die vrae!!
"Die Christen se wapenrusting
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.
Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Ter wille van hierdie evangelie is ek 'n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.
Slotwoord
Tigikus, die medegelowige wat ek baie liefhet, die getroue dienaar in diens van die Here, sal julle alles vertel, sodat julle ook kan weet hoe dit met my gaan en wat ek doen. Ek stuur hom juis hiervoor na julle toe, sodat julle kan hoor hoe dit hier by ons gaan en, sodat hy die kommer in julle gemoed kan wegneem.
Vrede vir die broers, en liefde en geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus! Die genade sal by almal wees wat vir ons Here Jesus Christus met onverganklike liefde liefhet."
1. Soek julle krag in die ..................................
2. Trek die .............................................
3. Hoekom moet ons die wapenrusting van God aantrek?
4. Ons stryd is nie teen .........................................
5. Maar teen ..........................................................
6. Trek daarom die ................................................
7. Sodat ......................................................
8. Wat moet ons doen wanneer ons die stryd tot die einde gevoer het?
9. Wat is die gordel?
10. Wat is die borsharnas?
11. Wat is die skoene?
12. Wat is die skild?
13. Wat is die helm?
14. Wat is die Swaard van die Gees?
15. Doen dit alles biddend en ........................................
16. Wees ................................
17. Bid .............................................
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!! 1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwa...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...












