Tuesday, 27 May 2025

Wees heilig!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1. 1 Korintiërs 3:

2. Psalm 143:

3. Romeine 15:

4. Handelinge 4:

5. Markus 13:

6. Romeine 8:

7. Psalm 96:

8. Matteus 28:

9. Psalm 111:

10. Hebreërs 13:

11. Jeremia 27:

12. Johannes 10:

13. Romeine 8:

14. Jesaja 11:

15. Efesiërs 1:

16. Romeine 8:


B.


1.  "Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde!"


2.  "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, is kinders van God."


3.  "Julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as die Gees van God in julle woon. Wie nie die Gees van Christus het nie, behoort nie aan Hom nie."


4.  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees."


5.  "En op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en begrip, die Gees van raad en krag, die Gees van kennis en die vrees van die Here."


6.  "Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.  Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys."


7.  "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?"


8.  "Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my lei op gelyke grond!"


9.  "Mag die God van hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, sodat julle deur die krag van die Heilige Gees oorvloedig kan wees in hoop."


10.  "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.  En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges."


11.  "En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle bymekaargekom het, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het met vrymoedigheid die woord van God gespreek."


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za