Wednesday, 23 April 2025

Bybelnotas!!

Kies die korrekte Skrifgedeelte:


1. "As gevolg van die voorreg en gesag wat God my gegee het, gee ek elkeen van julle hierdie waarskuwing: Moenie dink dat julle beter is as wat julle werklik is nie. Wees eerlik in julle evaluering van julleself, en meet julleself aan die geloof wat God ons gegee het."


A. Hebreërs 10:

B. Romeine 12:

C. 1 Korintiërs 11:


2. "As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en dit sal vir julle gebeur."


A. Handelinge 20:

B. Matteus 10:

C. Johannes 15:


3. "Toe sê Hy vir hulle: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal. Elkeen wat glo en gedoop is, sal gered word. Maar elkeen wat weier om te glo, sal veroordeel word."


A. Lukas 18:

B. Handelinge 23:

C. Markus 16:


4. "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hierdie nuwe dissipels om al die gebooie te gehoorsaam wat Ek julle gegee het. En weet dit: Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld."


A. Handelinge 25:

B. Lukas 20:

C. Matteus 28:


5. "Laat julle harte nie ontsteld word nie. Vertrou op God, en vertrou ook op My."


A. Hebreërs 13:

B. Romeine 15:

C. Johannes 14:


6. "Jesus antwoord: 'As jy net geweet het watter gawe God vir jou het en met wie jy praat, sou jy My vra, en Ek sou jou lewende water gee."


A. Galasiërs 5:

B. Markus 10:

C. Johannes 4:


7. "Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie."


A. 1 Korintiërs 15:

B. Markus 10:

C. Handelinge 22:


8. "My broers en susters, julle moet nie baie leermeesters wees nie, want julle weet dat ons wat leermeesters is, strenger geoordeel sal word."


A. Efesiërs 5:

B. Galasiërs 6:

C. Jakobus 3:


9. "Die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom aan die kruis gehang het. Toe het God Hom as Leidsman en Verlosser aan sy regterhand aangestel. Hy het dit gedoen sodat die volk van Israel hulle van hulle sondes sou bekeer en vergewe sou word. Ons is getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat deur God gegee is aan die wat Hom gehoorsaam.”


A. 1 Johannes 2:

B. Lukas 10:

C. Handelinge 5:


10. "Die ware brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee."


A. Markus 10:

B. Johannes 6:

C. Romeine 13:


11. "Moenie wraak neem of 'n wrok koester teen enigeen van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE."


A. Josua 23:

B. 2 Konings 25:

C. Levitikus 19:


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za