Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart."
A. Jakobus 5:
B. Romeine 10:
C. Hebreërs 4:
2. "Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan."
A. Johannes 10:
B. Matteus 4:
C. Markus 15:
3. "U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad."
A. Psalm 77:
B. Psalm 130:
C. Psalm 119:
4. "Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!"
A. Jesaja 51:
B. Esegiël 33:
C. Jeremia 15:
5. "Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie."
A. 2 Petrus 1:
B. Matteus 24:
C. Romeine 12:
6. "Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
A. Kolossense 3:
B. 1 Korintiërs 1:
C. Hebreërs 10:
7. "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."
A. Handelinge 20:
B. Lukas 18:
C. Romeine 10:
8. "deurdat julle die woord van die lewe vashou."
A. 2 Timoteus 3:
B. Filippense 2:
C. Markus 11:
9. "Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel."
A. Jeremia 29:
B. Josua 1:
C. Rigters 17:
10. "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
A. 1 Johannes 5:
B. Efesiërs 3:
C. 2 Timoteus 3:
No comments:
Post a Comment