Saturday, 29 March 2025

Die belangrikheid van bekering!!

Baie gelowiges glo, as jy net in Jesus glo, jy sal hemel toegaan. Maar dit is heeltemal verkeerd!! Jy kan nie net sê ek glo in Jesus en nou is ek gered nie. Weereens verkeerd!! Jesus het gesê jy moet wedergebore word. Nie op die wêreld se manier nie maar op God se manier!! Om wedergebore te word moet jy verander!!!!! Jy moet jou EERSTE BEKEER van al jou sondes!! Draai weg van jou ou maniere!!! Vra om vergifnis!! En hoeveel mense is bereid om dit te doen? Hulle wil Christene wees op hul eie terme in hul gemaksone!!

Dit is 'n uitdaging om jou leefstyl te verander!! En baie hou nie van uitdagings nie. Die eindresultaat is dat as jy dit nie op God se manier wil doen nie, jy salnie gered word nie. Dit is 'n ander leefstyl as die wêreld se leefstyl.

2 Korintiërs 5:17: "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel. Die oue het verbygegaan, kyk, die nuwe het gekom."

Deur bekering kruisig jy die ou lewe. Jy wil nie meer die wêreldse dinge doen nie. Jy draai jou rug op die ou leefstyl. Jy vra Jesus om in jou lewe in te kom, en om jou te verander. Dit is nie meer ek nie maar Christus in my. Jy is 'n veranderde, nuwe mens. Jy is nie meer 'n sondaar nie want jy is uit genade gered deur geloof in Christus Jesus!!

En om 'n godvrugtige lewenstyl te leef, moet jy in 'n nuwe mens verander. En dit begin by Bekering!!!

Maar jy moet eers BEKEER!!

Handelinge 3:19: "Bekeer julle dan en keer terug, sodat julle sondes uitgewis kan word."

2 Petrus 3:9: "Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom."

Handelinge 2:38: "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."

2 Kronieke 7:14: "As my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees."

Matteus 3:8: "Dra vrug in ooreenstemming met bekering."

Handelinge 17:30: "Die tye van onkunde het God oorgesien, maar nou beveel Hy alle mense oral om hulle te bekeer."

Lukas 13:3: "Nee, Ek sê vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom."

1 Johannes 1:9: "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."

Lukas 5:32: "Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering."

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za