Thursday, 19 November 2020

Bybel Notas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


 

1.  "En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk." 

A.  Johannes 10:
B.  2 Korintiërs 12:
C.  Lukas 15:


  2.  "dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens."

A.  Jakobus 5:
B.  Matteus 20:
C.  Efesiërs 3:


 3.  "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte."        

A.  Handelinge 20:
B.  Romeine 10:
C.  Efesiërs 6:


 4.  "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."  

A.  Hebreërs 13:
B.  Filippense 4:
C.  Markus 12:


5.  "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is."    

A.  1 Petrus 5:
B.  1 Timoteus 2:
C.  1 Johannes 4:
 

6.  "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus."    

A.  Efesiërs 3:
B.  Handelinge 10:
C.  Romeine 5:


7.  "Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê."     

A.  Lukas 15:
B.  Matteus 25:
C.  Markus 11:


8.  "En Ek sal hulle sterk maak in die HERE, en hulle sal in sy Naam wandel, spreek die HERE." 

A.  Jeremia 22:
B.  Eksodus 19:
C.  Sagaria 10:


9.  "want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek."  

A.  1 Johannes 5:
B.  Titus 3:
C.  Matteus 10:


10.  "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde."    

A.  Johannes 20:
B.  Romeine 15:
C.  Handelinge 1:
 

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za