Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee."
A. Eksodus 13:
B. Deuteronomium 20:
C. Josua 10:
2. "Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het."
A. Jesaja 30:
B. 1 Kronieke 28:
C. 2 Konings 20:
3. "Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil. God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak."
A. Psalm 130:
B. Psalm 77:
C. Psalm 18:
4. "Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God."
A. Psalm 90:
B. Psalm 20:
C. Psalm 119:
5. "Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!"
A. Psalm 122:
B. Psalm 27:
C. Psalm 88:
6. "Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.Die HERE is ‘n sterkte vir hulle, en Hy is ‘n vesting van verlossing vir sy gesalfde."
A. Psalm 133:
B. Psalm 92:
C. Psalm 28:
7. "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."
A. Lukas 20:
B. Romeine 10:
C. Jakobus 2:
8. "Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak."
A. Rigters 10:
B. 1 Samuel 15:
C. Spreuke 3:
9. "En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."
A. Matteus 20:
B. Markus 9:
C. Romeine 15:
10. "Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."
A. Filippense 3:
B. Handelinge 20:
C. 2 Korintiërs 5:
11. "Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie."
A. Johannes 19:
B. 1 Timoteus 5:
C. Lukas 1:
12. "Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
A. 2 Petrus 1:
B. Matteus 20:
C. Hebreërs 11:
No comments:
Post a Comment