Vind die verse in:
1. 2 Johannes 1:
2. Hebreërs 5:3. 1 Samuel 15:
4. Jesaja 1:
5. Johannes 14:
6. 1 Johannes 5:
7. Job 36:
8. 1 Korintiërs 15:
9. 2 Petrus 1:
10. Lukas 11:
11. Handelinge 5:
1. "En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense."
2. "Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie."
3. "Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus."
4. "En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar."
5. "En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel."
6. "Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het."
7. "Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme."
8. "As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet."
9. "As julle My liefhet, bewaar my gebooie."
10. "Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie."
11. "As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid."
No comments:
Post a Comment