Wat is Gehoorsaamheid?
Pas A by die regte antwoord by B:
A.
1. Hebreërs 5:
2. Sagaria 1:
3. Spreuke 4:
4. Markus 10:
5. Eksodus 23:
6. Handelinge 17:
7. Levitikus 22:
8. Spreuke 4:
9. Jakobus 1:
10. 1 Petrus 2:
11. Jesaja 50:
12. Matteus 21:
13. Eksodus 15:
14. Eksodus 19:
15. Spreuke 4:
B.
1.
"My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle
nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart."
2.
"As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal
julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne."
3.
"Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en
julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg"
4.
"en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen
wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou,
dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê
het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak."
5.
"Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby
bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader
van die werk, gelukkig wees in wat hy doen."
6. "en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword."
7. "Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare."
8. "Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie."
9. "Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE."
10. "Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word."
Monday, 4 May 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment