Wednesday, 27 May 2020

Soek eers die Koninkryk van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE!"

A.  Psalm 77:
B.  Psalm 40:
C.  Psalm 31:


2.  "o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water."

A.  Psalm 113:
B.  Psalm 70:
C.  Psalm 63:


3.  "Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur."

A.  Psalm 133:
B.  Psalm 105:
C.  Psalm 77:


4.  "Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.'

A.  Spreuke 20:
B.  Esegiël 30:
C.  Klaagliedere 3:


5.  "Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie."

A.  Psalm 125:
B.  Psalm 90:
C.  Psalm 119:


6.  "Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE."

A.  Jeremia 51:
B.  Sefanja 2:
C.  Amos 1:


7.  "En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word."

A.  Romeine 13:
B.  Markus 10:
C.  Lukas 11:


8.  "Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel."

A.  Psalm 33:
B.  Psalm 119:
C.  Psalm 50:


9.  "Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.  Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik."

A.  Amos 1:
B.  Jeremia 30:
C.  Jesaja 55:


10.  "En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind."

A.  Galasiërs 5:
B.  Handelinge 20:
C.  Matteus 10:

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za