1. "Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees."
A. Deuteronomium 30:
B. Eksodus 14:
C. Jesaja 21:
2. "Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie."
A. Jeremia 23:
B. Levitikus 10:
C. Jesaja 40:
3. "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand."
A. Sagaria 7:
B. Josua 23:
C. Jesaja 41:
4. "Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer."
A. Esegiël 12:
B. Jeremia 51:
C. Jesaja 54:
5. "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE."
A. Eksodus 18:
B. Jesaja 54:
C. Spreuke 22:
6. "Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou."
A. Numeri 11:
B. Nehemia 7:
C. Jesaja 41:
7. "maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."
A. Esegiël 33:
B. Sagaria 7:
C. Jesaja 40:
8. "En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie."
A. Eksodus 22:
B. Deuteronomium 31:
C. Jesaja 17:
9. "Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee."
A. Rigters 20:
B. Esegiël 31:
C. Jeremia 29:
10. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."
A. Markus 10:
B. Johannes 3:
C. Handelinge 21:
No comments:
Post a Comment