Sunday, 3 May 2020

Jy is spesiaal vir God!!

Kies die regte Skirfgedeelte:


1.  "Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef."

A.  Psalm 89:
B.  Psalm 123:
C.  Psalm 139:


2.  "Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee."

A.  Jesaja 51:
B.  Eksodus 30:
C.  Jeremia 29:


3.  "Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel."

A.  Lukas 19:
B.  Efesiërs 2:
C.  Jakobus 5:


4.  "sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is."

A.  Matteus 20:
B.  Johannes 15:
C.  Efesiërs 3:


5.  "Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig."

A.  Romeine 12:
B.  Handelinge 17:
C.  1 Petrus 2:


6.  "soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil."

A.  Lukas 11:
B.  Efesiërs 1:
C.  1 Tessalonisense 5:


7.  "U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.  Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U."

A.  Psalm 55:
B.  Psalm 77:
C.  Psalm 139:


8.  "So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.  Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees."

A.  Psalm 90:
B.  Psalm 103:
C.  Psalm 70:


9.  "Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie."

A.  Psalm 150:
B.  Psalm 16:
C.  Psalm 121:


10.  "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee."

A.  Jakobus 3:
B.  Johannes 15:
C.  Markus 11:


11.  "So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God."

A.  1 Timoteus 5:
B.  Romeine 11:
C.  Efesiërs 2:

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za