Monday, 25 May 2020

Jesus - Die Seun van God!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Johannes 3:
2.  Johannes 14:
3.  Matteus 16:
4.  Jeremia 55:
5.  Josua 9:
6.  Markus 12:
7.  2 Korintiërs 5:
8.  1 Johannes 5:
9.  Johannes 1:
10.  Jesaja 9:
11.  Efesiërs 2:
12.  Romeine 15:
13.  Eksodus 20:
14.  Handelinge 13:
15.  Johannes 3:


B.


1.  "Hy moet meer word, maar ek minder.'

2.  "Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors."

3.  "Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered."

4.  "Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie."

5.  "Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word."

6.  "En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word."

7.  "Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."

8.  "Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God."

9.  "Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?"

10.  "En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid."

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za