Wie is die Heilige Gees?
Kies die regte Skrifgedeelte:
1.
"Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in
die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar
alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle
verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My
behoort, en aan julle verkondig."
A. Markus 10:
B. Johannes 16:
C. Jakobus 5:
2.
"Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons
Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees
deurdronge."
A. Filippense 3:
B. 1 Korintiërs 12:
C. Matteus 18:
3.
"En u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het U nie
van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors."
A. Jeremia 33:
B. Eksodus 15:
C. Nehemia 9:
4.
"Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel
het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die
wat Jesus gevange geneem het."
A. Romeine 15:
B. Handelinge 1:
C. Titus 2:
5. "Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend."
A. Spreuke 22:
B. Jeremia 50:
C. Job 33:
6.
"in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die
evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook
geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte."
A. 1 Timoteus 5:
B. Johannes 20:
C. Efesiërs 1:
7. "Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe."
A. Matteus 17:
B. Lukas 15:
C. Johannes 6:
8. "En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees —dit is die woord van God —"
A. Markus 11:
B. Efesiërs 6:
C. Jakobus 3:
9.
"julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die
Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het
nie, dié behoort nie aan Hom nie."
A. Handelinge 21:
B. 1 Johannes 5:
C. Romeine 8:
10. "Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig."
A. 2 Petrus 1:
B. Kolossense 3:
C. Johannes 16:
Wednesday, 29 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment