Wees 'n vegter vir Christus!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. 2 Timoteus 2:
2. Filippense 4:
3. Efesiërs 6:
4. Jakobus 5:
5. Lukas 20:
6. Markus 15:
7. Johannes 16:
8. Efesiërs 6:
9. 2 Timoteus 2:
10. Efesiërs 6:
11. 1 Timoteus 6:
12. 1 Peter 5:
13. Handelinge 20:
14. Psalm 144:
15. Joël 2:
16. Efesiërs 6:
B.
1. "Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God."
2. "In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê."
3. "Geloof sy die Here, Hy is my rots. Hy leer my hande om oorlog te maak, my vingers om te veg. U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil, wat my volk aan my onderdanig maak."
4. "en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete."
5. "Hulle storm vorentoe soos dapper soldate, hulle klim oor die stadsmure. Elkeen gaan reg vorentoe, hulle verander nie van rigting nie. Die een stamp nie teen die ander nie; elkeen bly op sy pad. Hoe hulle ook sneuwel voor die verdediging, hulle raak nie van koers af nie."
6. "'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie."
7. "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."
8. "Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer."
9. " Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
10. "Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus."
11. "Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas."
Monday, 13 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment