Moenie bang wees nie!!
Psalm 91:
"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.
Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.
Met jou eie oë sal jy sien
hoe die goddelose gestraf word.
Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”
sê die Here,
“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
Saturday, 25 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment