Lukas 19:28-48:
"Die intog van Jesus in Jerusalem
Nadat
Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na
Jerusalem toe. Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg,
stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag: “Gaan na die
dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar 'n
jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery
nie. Maak hom los en bring hom hier. En as iemand vir julle vra: ‘Waarom
maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.” Die
twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê
het. Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom
maak julle die donkie los?” Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.”
Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle
klere op sy rug en help Jesus opklim. Terwyl Hy aanry, het hulle van
hulle klere op die pad oopgegooi. Toe Hy naby die stad kom, teen die
afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God
uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het.
Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom!
Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” 'n Paar
Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u
volgelinge!” Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal
die klippe uitroep.” Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het
Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou
vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor. Daar sal dae oor jou kom
dat jou vyande vestings teen jou oprig en jou omsingel en jou van alle
kante beleër. Hulle sal jou met die grond gelyk maak en jou inwoners
uitwis. Hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat
jy die betekenis van die tyd toe God gekom het om jou te red, nie besef
het nie.”
Die reiniging van die tempel
Jesus
het na die tempel toe gegaan en die handelaars begin uitjaag. Hy het
vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed
wees,’ maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.” Hy was elke dag in die
tempel besig om die mense te leer. Intussen het die priesterhoofde en
die skrifgeleerdes, en ook die leiers van die volk, 'n plan gesoek om
Hom dood te maak. Hulle kon egter niks vind wat uitvoerbaar was nie,
omdat die hele volk gretig na Hom geluister het."
Monday, 6 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment