LUKAS 21:25-38:
“Daar
sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid
onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy
vloedgolwe. Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat
oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim
sal ontwrig word. En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag
en majesteit op 'n wolk sien kom. As hierdie dinge begin gebeur, staan
dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.” Toe
vertel Hy hulle 'n gelykenis: “Let op die vyeboom en al die ander bome.
Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die
somer al naby is. Net so moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge
sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is. Dit verseker Ek
julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal al hierdie dinge
gebeur. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.” “Wees
op julle hoede dat julle gees nie deur onmatige etery en drinkery en
deur die sorge van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle
nie onverhoeds soos 'n vangnet oorval nie. Daardie dag sal skielik op al
die bewoners van die hele aarde neerkom. Maar wees waaksaam en bid
altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat
gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te
verskyn.” Bedags was Jesus in die tempel besig om die mense te leer,
maar snags het Hy uitgegaan en buite op die Olyfberg vernag. In die môre
vroeg het die hele volk dan weer in die tempel na Hom kom luister."
Friday, 13 March 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment