Volg:
Aksie Kidz vir Jesus Bediening
Followers
Friday, 19 December 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
Matteus 14:
"Die dood van Johannes die Doper
Daardie tyd het Herodes, die heerser, gehoor wat van Jesus vertel word, en hy het vir sy paleispersoneel gesê: “Maar dit is mos Johannes die Doper! Hy is uit die dood opgewek, daarom werk die kragte in hom!”
Vroeër het Herodes vir Johannes laat vang, laat boei en in die tronk laat opsluit. Dit het hy gedoen oor Herodias die vrou van sy broer Filippus, want Johannes het vir Herodes gesê: “U mag haar nie as vrou vat nie.” Herodes wou hom daaroor doodmaak maar was tog bang vir die mense, omdat hulle hom as 'n profeet beskou het.
Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in 'n skottel die kop van Johannes die Doper.”
Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word. Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof. Hulle het sy kop in 'n skottel ingebring en aan die meisie gegee, wat dit na haar ma toe gevat het. Sy dissipels het sy liggaam kom haal en begrawe; en hulle het dit vir Jesus gaan vertel.
Die eerste vermeerdering van die brood
Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak.
Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: “Dit is 'n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.”
Maar Jesus sê vir hulle: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.”
Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.”
“Bring dit vir My hier,” sê Hy.
Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.
Jesus loop op die see
Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.
Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu.
Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”
“Kom!” sê Hy.
Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”
Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”
Jesus genees mense in die landstreek Gennesaret
Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword."
Jesus - Die Seun van God!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik."
A. Jakobus 5:
B. Markus 10:
C. Lukas 18:
2. "die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."
A. Handelinge 22:
B. 1 Petrus 5:
C. Hebreërs 12:
3. "Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?"
A. 2 Korintiërs 10:
B. 1 Tessalonisense 5:
C. Johannes 11:
4. "Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God."
A. Galasiërs 5:
B. Markus 13:
C. 1 Johannes 4:
5. "Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was."
A. Johannes 20:
B. Filippense 2:
C. Jakobus 5:
6. "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een."
A. Lukas 11:
B. Romeine 15:
C. Johannes 10:
7. "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom."
A. Josua 7:
B. Jeremia 33:
C. Jesaja 53:
8. "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."
A. Efesiërs 5:
B. Hebreërs 9:
C. Handelinge 4:
9. "Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde."
A. Johannes 19:
B. Kolossense2:
C. Matteus 18:
10. "Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik."
A. Openbaring 15:
B. Lukas 18:
C. Romeine 10:
11. "Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe."
A. 1 Timoteus 3:
B. 1 Johannes 4:
C. Markus 15:
12. "Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus."
A. 2 Petrus 1:
B. Titus 3:
C. 1 Korintiërs 15:
Die Here is my beskerming!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. 2 Timoteus 4:
2. Psalm 18:
3. Psalm 41:
4. Markus 15:
5. Jakobus 5:
6. Spreuke 20:
7. Spreuke 30:
8. Psalm 18:
9. Psalm 121:
10. 2 Tessalonisense 3:
11. Efesiërs 5:
12. Lukas 17:
13. Jesaja 41:
14. Psalm 121:
15. Johannes 17:
B.
1. "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar."
2. "Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid."
3. "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand."
4. "Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose."
5. "En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen."
6. "Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand."
7. "Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil."
8. "Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting."
9. "Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie."
10. "Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil."
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!! 1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwa...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...









